Biografie
Francois Terblanche is 'n Afrikaanse digter, skrywer, motiveringspreker en entrepreneur wat sedert 'n jong ouderdom op verskeie platforms presteer het. Hy is op 21 Januarie 1994 in Bloemfontein gebore. Hy was 'n leerling aan die Hoërskool Fichardtpark in Bloemfontein, en sy digkuns is reeds op skool geprys. Francois het op 19-jarige ouderdom sy eerste digbundel gepubliseer. Sedertdien het hy ses digbundels, twee niefiksieboeke en 'n kreatiewe skryfkunshandleiding in Afrikaans gepubliseer. Francois se werk is 'n viering van die krag van taal en die menslike ervaring.
Prestasies & Toekennings
2017
- Ink Skryf in Afrikaans: Rubriek van die jaar (Marlboro-walms en skietgebede)
- Ink Skryf in Afrikaans: Digter van die jaar (naaswenner)
2018
- LitNet: Liefde is ...-digkompetisie (topvyftien met die gedig liefde is soos die winter)
- Radio Rosestad: Roostoekenning vir sy bydrae tot die Afrikanerkultuur
- AVBOB Poetry Project: Gedig opgeneem (rykdom)
2019
2020
- Ink Skryf in Afrikaans: Wenner in die Ballade-kategorie (Ontknoping van die ewigheid)
- Ink Skryf in Afrikaans: Wenner in die Elegie-kategorie (As skoenlappers groet)
2021
2023
Publikasies
- Tempora Animus (Poësie, 2013)
- Onder die Dekmantel (Poësie, 2015)
- Digtershart (Poësie, 2016)
- Pendulum (Poësie, 2017)
- Die wêreld deur haar oë (Prosa en niefiksie, 2017)
- Tydbom (Poësie, 2019)
- 7: Poësie-omnibus (Poësie, 2020)
- Skaduman (Prosa en poësie, 2022)
- Wetenskap en die Bybel: Volume I (Geestelik en niefiksie, 2023)
- Skryfkuns 101 - Volume 1 (Akademies, 2023)
Bloemlesings
Francois se poësie verskyn in die volgende bloemlesings:
- Sê dit in Afrikaans: Liefdeswoorde van A tot Z – Saamgestel deur Driekie Grobler, 2019
- Inkspraak I – Ink Skryf in Afrikaans, 2020
- Stemme uit die Suiderland XV – Genootskap vir die Handhawing van Afrikaans, 2021
- Inkspraak II: Volwasse Digters – Ink Skryf in Afrikaans, 2021
- Partout dans le monde: Sy Franse gedig Fais just confiance is in dié bloemlesing opgeneem, 2022
- My gebed vir 'n boer – Ns Skrywershuis, 2023