Versending geskied landwyd (Suid-Afrika). Gebruik asseblief die kontakvorm op die webtuiste vir navrae oor internasionale versending.
Sagteband (110 bladsye)
Francois se vyfde digbundel, Tydbom, sien die lig met krag, emosie en insig en toon dit die duidelike groei wat hy as digter ondergaan het. 'n Pad word gestap deur liefde soos dit in al die verskillende fasette vasgevang word. Met die intreevers – ''blomme is sensitief my lief/– bomme ook –/een letter te kort/laat liefde stol'', besef die leser sommer dadelik dat hierdie bundel totaal in 'n ander kategorie val.
Deurlopend is daar soveel deernis, emosie en sensitiwiteit en is die gedigte met keurige woordkeuse en taal tot beeld geruk. Van die gedigte vertel van sekere dele in verre stede wat hy besoek het en beeld hy die liefde uit 'n pikturale oogpunt aan.
Liefde word soms tot op die been gesny en gekloof deur sy unieke beeldspraak en woordkeuses. Familie-, kerk-, lewensmaat-, hartseerliefde en die opwinding van net om lief te hê word vasgevang en word dit ingedrink tot en met die laaste gedig in hierdie bundel.
Francois se onkonvensionele styl word weereens duidelik getoon en verstom hy met sy diepte. Liefde word in Tydbom in sy volle naaktheid uitgebeeld.
Plus postage and handling charges.