Versending geskied landwyd (Suid-Afrika). Gebruik asseblief die kontakvorm op die webtuiste vir navrae oor internasionale versending.
Sagteband (158 bladsye)
Het jy al gewonder oor die akkuraatheid van die evolusieteorie en die biologiese samestelling van die mens wat ooreenstem met die Bybel? Is die verskillende bevolkingsgroepe, rasse en tale vir jou ‘n raaisel?
Wat is die werklike ouderdom van die heelal en die planeet wat ons ons tuiste noem? Wat sê die Bybel van die Ystydperk, dinosourusse en soveel bekende geskiedkundige gebeure?
In Wetenskap en die Bybel (Volume I) word hierdie vrae en meer beantwoord. Daar word 'n raaklyn tussen wetenskaplike feite, die geskiedenis van die aarde en die Woord van God getrek.
Alle kennis wat die mensdom oor die jare opgedoen het, getuig van 'n Ontwerper wat alles in die fynste detail ontwerp het. Ontdek die wonders van die Woord van God en sy grootheid op 'n unieke lesersreis.
Plus postage and handling charges.