Boekwinkel

Het jy 'n koeponkode? Klik hier!

Francois Terblanche: Boekwinkel

Versending geskied landwyd (Suid-Afrika). Gebruik asseblief die kontakvorm op die webtuiste vir navrae oor internasionale versending.

ISBN: 978-1-998975-77-8

Skaduman

Sagteband (80 bladsye)

Francois Terblanche se digbundel “Skaduman” is 'n kragtige en diepgaande werk wat die leser sommer met die intrapslag herinner om altyd op te staan. Die lewe kan soms wreed wees en klappe uitdeel, die vraag is wat gaan jy daaromtrent doen, gaan jy opstaan of bly lê?

Die bundel open met 'n treffende vers:
“elkeen het 'n skadusy
ons kyk net by ons eie verby
wanneer die lig
uit die verkeerde rigting sny”

Hierdie woorde skep 'n beeld van die menslike natuur – ons neiging om ons eie skadusy te ignoreer en slegs na onsself te kyk. Maar die lig, die waarheid, kan soms van 'n onverwagte rigting kom.

Francois se pen is 'n swaard wat deur die lewe se uitdagings en sosiale kwessies sny. “Skaduman” is 'n stem wat nie stilgemaak kan word nie. Dit is 'n uitdrukking van die menswees, 'n skreeu uit die duisternis. In hierdie bundel vind ons 'n bevrydende proses, 'n eerlike en egte uiting van die siel.

Die gedig “selfisolasie” raak aan die innerlike stryd wat ons almal ervaar:
“ek moet selfisoleer
myself distansieer
van hierdie stemme vol vrees
wat uit die dieptes van my gedagtes skree”

Innerlike sowel as uiterlike konflik, vrese en donker hoekies word hier uitgegooi en kan ons as leser ons eie vrese, konflik en donker hoekies duidelik sien – daardie dinge waaroor ons nie graag praat nie. Ons almal het 'n Skaduman, maar ons moet leiding neem en besef dat ons skadukant nie die heerser is nie – dit is net 'n deeltjie van ons geheel.


Price:
ZAR120.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note