Boekwinkel

Het jy 'n koeponkode? Klik hier!

Francois Terblanche: Boekwinkel

Versending geskied landwyd (Suid-Afrika). Gebruik asseblief die kontakvorm op die webtuiste vir navrae oor internasionale versending.

ISBN: 978-1-0370-5207-1

Mense se Dinge

Sagteband (106 bladsye)

Welkom tussen die bladsye van talle staaltjies en verhaaltjies in Francois se eerste storiebundel – Mense se Dinge. Meeste van die dinge is real. Die mense in hierdie boek? Wel, as die skoen jou pas …

So van skoene gepraat, moenie soos Aspoestertjie met jou kristalpolvye hierdie bundel aanpak nie. Jy gaan spyt wees. Trek eerder vir jou gemaklike nagemaakte crocs aan en geniet die reis. Wees gemaklik, wees oop, wees lekker, en wees gewaarsku.

Hierdie verhale is soos 'n wipwaentjierit deur die menslike natuur – soms hartseer, soms vreugdevol, maar altyd eg en onverfynd. Dit is geskryf met die warmte van 'n somersdag en die sardoniese glimlag van iemand wat al te veel gesien en ervaar het.

Elke storie in hierdie bundel is 'n kykie na die mense en dinge wat ons daaglikse lewens kleur gee, soms met meer intensiteit as wat ons verwag. Van die koddige tot die rou, van die hartsnare tot die harde lag – jy sal alles hier vind.

Maak jouself gereed om te lag, om te dink, en soms dalk selfs 'n traan af te vee. Of jy nou op die bank sit met 'n glas wyn of in die bed lê met 'n koppie tee, hierdie stories wag om jou mee te sleur na die wonderlike en soms absurde wêreld van Mense se Dinge.


Price:
ZAR150.00

Plus postage and handling charges.



Terms and conditions - Shipment note